Quantcast
Channel: Kief musiek – Watkykjy, huh?

Frans Karoo stel sy debuut solo Afrikaanse album Braambos Radio vry

$
0
0

‘Braambos Radio’ is vol gepak met verskeie verhale en temas wat mens laat dink. Die lirieke is diep en soms donker. Frans is ‘n storieverteller en man wat dit sing met ‘n praat stem soos Bob Dylan oor musiek wat soms Blues, soms Country is met net so klein bietjie Rock. Frans het nie vir ‘n spesifieke klank gemik nie. “Elke song het sy eie kruie, speserye of wilde heuning gebring. Solank dit outentiek is tot die Milieu van die storie. Die songs is gebore op ‘n stoep, om ‘n vuur of in ‘n garage. Oor baie jare. Ek en CJ Bierman ( wat destyds saam met my in Jet Black Camaro was) het die songs saam geskryf. CJ het gekom met ‘n rif en dan sal ek ‘n melodie bo-oor sing. Die woorde het eers gekom die week toe ons moes record (ek sit die ‘pro’ in ‘procrastination’). Die songs is opgeneem in Ladysmith by Jo Ellis se studio en ‘n Klein dorpie in die Klein Karoo het die perfekte backdrop geskets dat die karakter van elkeen van die liedjies na vore kon kom. Meng dit met Jo Ellis se tydlose oor en sielvolle benadering en daar was zen.”

Met sy debut album uiteindelik vrygestel, wat beteken hierdie oomblik vir Frans? Wanneer mens iets skep, op jou eie of saam met ander, wil jy op die ou end hê dit moet die lig sien. ‘Braambos Radio’ se stories lê al lank in die kelder (hopelik het hulle mooi verouder).  Ek voel verlig dat hierdie wilde perd uiteindelik vry kan hardloop op die klankgolwe.”

Frans verduidelik ook hoekom hy sy debuut album “Braambos Radio” genoem en die album titel vir hom beteken.
Braambos radio verwys in die eerste plek na die brandende braambos in die ou testament in die bybel. Daardie storie in die begin van Eksodus oor die bos wat vlam gevat het (maar nie gebrand het nie) en met Moses praat. Volgens die bybel was dit YHWH (die Amerikaanse indiane praat van Great Mystery as hul na ‘God’ verwys, ek hou daarvan) wat aan Moses verskyn het met ‘n belangrike boodskap of twee. Volgens ander interpretasies was die brandende braambos ervaring ‘n visioen / hallusinasie wat Moses gesien het omdat hy DMT gerook het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n enigmatiese, mistiese en psychedelic storie waarvan ek hou. Braambos radio is enigmatiese, mistiese en psychedelic verhale uitgesaai vanuit my landskap.  Soos die mirage op die horison is dinge nie altyd soos dit beloof het om te wees nie. En die donker van die Karoonag meer verlig as wat verkoop is. Braambos radio is stories vanuit my landskap wat ek self weet nie altyd mooi wat is waarheid of wat is fiksie nie. Wat is ‘hallusinasie’ of wat is ‘realiteit’ nie?” 

Stroom/luister na “Braambos Radio” album HIER

Hou sosiale media dop vir die offisiele partytjies van die “Braambos Radio” album vrystelling in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad:

Share dit faktap

Worsie Van Wyk verras met nuwe album en drieling dogters!

$
0
0

Die nimleike metaalbaber van Wolmer, Worsie Van Wyk het sy nuwe Afrikaanse metal4-track EP, Rouwors op Werkersdag losgelaat op alle streaming platforms. O ja, hy het nie regtig pa geword van drieling dogters nie. Daardie clickbait headline title is net daar geplaas vir die dom fokkers wat op Facebook comments drop op Die Burger en Netwerk 24 se headlines sonder dat hulle ‘n woord van die donnerse artikels gelees het en sonder enige fokken konteks sit omdat hulle nie geld het om te subsribe nie. Die tipe mens wat ook net ‘n ou fokken eiertjie wil los, want hulle het so baie fokken ou vrot eiertjies om te deel…

Terug by Rouwors… Die vier tracks kick grootliks ass! Worsie tel dinge op waar hy dit verlede jaar by sy vorige EP, Oros en Horrogs gelos het – lekker metal, lekker kaksnaakse lyircs. In fact, ons drop vir jou die lyrics hieronder sodat jy kan saamsing. Jy ken reeds een van die 4 tunes se lyrics omdat jy ‘n kokkelol is – die tweede track, Baby Tjoklits. Gods, selfs ek het begin saamsing want uiteindleik word ‘n uiterse kak song justice gedoen. Die opening track, Stage 8 Loadshedding is probably profeties van aard, want stage 8 gaan ons beslis nog in 2023 droog naai. My gunsteling line uit die song is:

Ek sal like om werk gedoen te kry
My vrou wil stories kyk
Maar nou praat sy heeltyd met my

Feite, né? Die derde tune, Algoritmes, deal met ons almal se digitale verslawing en die mense wat aandag soek deur videos te post op Instagram en TikTok. En ons voer hulle daai aandag. My favourite lyne uit die tune:

Die skerms wat jy so aanbid
Dit gee jou ‘n boggelrug
Met jou nek wat so hang
En die gloei op jou wang
Wat vierkantige ogies brand

Laastens het ons Laat Ek En Jy Mekaar Nou Mooi Verstaan wat so bietjie gesels met die pielkoppe in die musiekindustrie wat nie regtig weet wat hulle doen nie. Sulke clueless. Ek gaan eerder nie verder hieroor gesels nie want ek sal die hele fokken dag hier sit gal braak en ek het beter dinge om met my tyd te doen. My gunsteling lyne uit die tune is…

Hoe moeilik kan dit wees
Om ‘n beat te hou en ‘n crowd te lees
Om ‘n drummer te kry wat sy huiswerk doen
Jy hoef net op te daag

.. want dit cover 63% van die gal wat ek kan braak.

Lekker Worsie! Geluk met jou drieling (en Babytjoklits). Weet jy wat is nog fokken lekker  is van hierdie EP? AS jy dit op Spotfy luister, vat daai algoritme jou na nog metal tunes toe wat net so fokken lekker is. Los hom net aan, laat hy revs optel!

Hier is die lyrics vir al die track, behalwe Baby Tjoklits:

Stage Agt Loadshredding

Nog ‘n keer, sit ek hier sonder krag
Dit gebeur, sommer nou elke dag
Maar darem het ons die beste weer
En ‘n chargeable flits
Terwyl ons soek na ‘n gasstoof
Of die braaihout en blitz

Ek sal like om ‘n warm stort te vang
En dalk on dan daarna ‘n bietjie TV games te jol

Af gaan die krag en die water daarmee heen
Al die batteries is pap en ek sit aleen
In die donkerste hel weens ‘n korrupte vark
Wat dik gevoer word deur die steenkool mafia

Loadshredding

Ah, sorry oor die krag ouens
Kom ons vat hom van die verse

Ek is lief vir Suid-Afrika
My land en sy mense, ja
So ek try nie te veel daaroor worry nie
Maar as dit kom by my baba voer
Soek ek krag om haar pap te roer
Anders maak sy: “Wheeeee!”

Ek sal like om werk gedoen te kry
My vrou wil stories kyk
Maar nou praat sy heeltyd met my

Af gaan die krag en die water daarmee heen
Al die batteries is pap en ek sit aleen
In die donkerste hel weens ‘n korrupte vark
Wat dik gevoer word deur die steenkool mafia

Mens kan net soveel braai dan raak dit peperduur
Daar is min dinge so sleg soos ‘n vlou, warm bier
Ek wou die rugby kyk maar toe blaas my DSTV
Nou sit ek en Eskom en ons speel monopoly

Af gaan die krag en die water daarmee heen
Al die batteries is pap en ek sit aleen
In die donkerste hel weens ‘n korrupte vark
Uuurghh

Boom! Petrolbom teen die Uniegebou, fok jou
Hoe langer dink jy gaan die mense jou nog vertrou
Met al die tenders wat jy net vir jou tjommies hou
Hoe lyk dit nou dat die donker kom vir jou

Kruip weg, elke hond kry sy dag, woef woef
Daai selfde mond wat jy voer byt jou hand later af
En soos jy jaag na die dokter wat op sy vir jou wag
Tune hy net: Sorry my bra, lyk my die krag is af

Stage Agt Loadshredding

Algoritmes

Sit, ek maak tee
Dis tyd dat ons gesels
Oor ‘n ding wat my nou al lankal pla
Die vlooi op die hond se pels
Die skerms wat jy so aanbid
Dit gee jou ‘n boggelrug
Met jou nek wat so hang
En die gloei op jou wang
Wat vierkantige ogies brand

Gee my ‘n nat lap
Om die bloed van my hande te was
Al die skuld van my natalenskap
Die geraamtes in my kas

Skeer my hart in twee
Los my laat ek bloei
Ek’s te moeg om om te gee
Oor wat die wêreld van my dink

Ons is verslaaf

Dans vir jou foon
Dis al hoe mens aandag kry
Vir likes en shares but nobody cares
Dis tyd om begrip te kry
Click, scroll, en double tap
Die klokkie wat lui maak die hond se bek
Net kwyl van die lekkerkry
‘n Koekie vir hom, TikTok vir my

Gee my ‘n nat lap
Om die bloed van my hande te was
Al die skuld van my natalenskap
Die geraamtes in my kas

Skeer my hart in twee
Los my laat ek bloei
Ek’s te moeg om om te gee
Oor wat die wêreld van my dink
En ek weet ek’s verslaaf
Aan algoritmes wat raas
Met al die snert wat ek kyk
Dis net ‘n mors van my tyd
Moenie worry wat mense dink
Niemand gee eintlik om
Want almal is selfbehep
Dis die realiteit

Ek is verslaaf

Skeer my hart in twee
Ek’s te moeg om om te gee

Laat Ek En Jy Mekaar Nou Mooi Verstaan

Hier staan ek weer om my dues te pay
Vir die honderste keer
Los maar die band ek spoeg met backtracks
Dit sal werk hierdie keer
As ‘n Afrikaanse sanger is ek nou deel van ‘n club
Voor op jou Huisgenoot of die nuwe issue van DeKat

Ek’s moeg vir posers se vanilla-geur rock ‘n’ roll
Jou leerbadjie en tattoos help jou fokkol
Al hierdie weekend warriors wat se tjommies dink hulle band is die shit
Kan jy net vir hulle sê: Dis tyd om wakker te skrik

Laat ek en jy mekaar nou mooi verstaan

Hoe moeilik kan dit wees
Om ‘n beat te hou en ‘n crowd te lees
Om ‘n drummer te kry wat sy huiswerk doen
Jy hoef net op te daag

Hier gat ons weer vir ‘n tweede keer
Hoe kan ons leer
Om beter tunes te skryf en sin te maak van hierdie bedryf
Daar’s honger wolwe om elke hoek
Hulle’s ready to go
Soek elke sent wat jy het
Spandeer dit dadelik
So sit nou terug en relax my bra
Ek’s hier om die band te dra
Dis anyway ek wat jol op hierdie tracks
Ek gee nie om wat jy dink nie
Dit maak egter nie saak nie
Want ek staan hier en dues betaal vir die duisendste keer

As jy weer skrik
Skrik dalk net bietjie wakker
Dan try ons weer ‘n keer
Groot blaf, geen byt
Vat jou kans met my
Hou my naam uit
Hou my naam uit jou mond uit
As jy gaan namedrop

Laat ek en jy mekaar nou mooi verstaan

 

Share dit faktap

Angie Oeh gaan groot in die Moot met nuwe musiekvideo!

$
0
0

Het jy tyd virre vinnige stukkie Moot-kuns van net so oor die drie minute lank? Check dan gou Angie Oeh se splinternuwe musiekvideo uit vir haar nuwe tune, Te Sexy terwyl jy jou tweede koffie by die werk sluk en maak asof jy werk. Dis sommer so lekker stadige en lustige broeknaai tune. Of as jy nie wil broeknaai nie, kan jy lekker stadig dans met die minste inspanning. Skuif ‘n voet of twee, maar moenie sweet nie. Te Sexy vat jou deur ‘n toer van die Moot in pastelkleure. Angie maak ‘n draai by al die landmarks en plekke in die Moot  wat die meeste inwoners of besoekers van die nuwe zef kunshartjie van Pretoria so goed ken en love. Van die Kraaines Snuffelwinkel (fokken lekker pawn shop), Ruby’s Doggy Parlour, Potties Pawn Brokers, 69 Adult Shop (waar jy mamma se oversized rubberr zaber gekoop het), Belgravia, Casbah Roadhouse (die hangover apteek van die Moot) en natuurlik Teazers waar menigte knape al rande uitgeruk het vir ‘n broekdaans met ‘n strippertjie (myne as altyd verniet want my tjommie het daar gewerk) of sommer net lekker saam hande te klap wanneer die girls die gulpvrugpolka om die paal gooi. Snortoffies vir almal!

Ek is nie mooi seker waar daai blou tennisbane en die groen swembad is nie, so nou wil ek dit loop soek…

PS: Angie, ek hoop jy het sommer ‘n paar nuwe lekker woorde hier op Watkykjy geleer om in jou lyrics vir ‘n toekomstige song te gebruik. Well done met die tune!

Share dit faktap

Afrika Blues by Atterbury Teater – moet dit asseblief nie Dinsdag misloop nie!

$
0
0

Nou komende Dinsdagaand, die 23ste Mei is daar ‘n super belangrike gig wat jy asseblief nie moet misloop nie – Afrika Blues – met Louis Mhlanga, Albert Frost, Schalk Joubert, Sima Mashazi & Jonno Sweetman.

Die Covid19-pandemie het kunstenaars heavy geknak vir 2 jaar. Dis nie asof die scene heeltemal gesond was om mee te begin nie, maar toe almal weer kom begin beweeg en die plekke wat die fokop oorleef het weer hulle deurr oopgemaak het, was daar moerse ondersteuning vir musikante en ek mag dalk verkeerd wees, maar dit voel asof dit weer begin aftyper het. Hierdie is eintlik ‘n selfsugtige post, want ek wil komende Dinsdag bittergraag hierdie absolute Suid-Afrikaanse legends saam op een stage sien en dit beteken daar moet gesonde ticket sales wees. Atterburt Teater is ‘n fokken lekker en gemaklike venue, maar hoe beter ‘n plek ingerig is, hoe meer charge hulle artists om daar te kom jol, which is fair. Almal moet eet en kak.

Hierdie vertoning was ‘n musikale hoogtepunt by ons kunstefeeste verlede jaar. Die Blues is in Afrika gebore en sy wortels is nog diep in ons kontinent. Dit het oorgespoel na ons plaaslike musiek toe – van boeremusiek tot township jive. Met die bekroonde Sima Mashazi se kristalhelder stem en die virtuose musikante Louis Mhlanga, Schalk Joubert, Albert Frost en Jonno Sweetman is hierdie show propvol gelaai met uitstaande kitaarspel, aansteeklike ritmes en ‘n opwindende reis na die oorsprong van ons land se bekendste liedjies en style. Weereens, al hierdie legends op een stage? Wanneer gaan jy weer so kans kry?

Louis Mhlanga word gereken as een van die voorste kitaarspelers in Afrika en hy is veral bekend vir die werk wat hy saam met Stef Bos, Laurika Rauch en Vusi Mahlasela gedoen het oor die jare.

Albert Frost is die koning van die Blues-kitaar in Suid-Afrika en is al jare lank gesien saam met kunstenaars soos Die Blues Broers, Arno Carstens, Valiant Swart asook sy eie solo loopbaan.

Schalk Joubert is een van ons land se mees prominente en gesogte bassists. Hy is ook weekliks in die gewilde KykNet program Oppiestoep te sien en het al met elke plasslike en vele internasionale legendes gewerk.

Sima Mashazi is die secret weapon in die groep! Sy is bekend vir die hoofrol in die Miriam Makeba produksie. Sy is ewe gemaklik om in Afrikaans, Engels Zulu en Shona te sing.

Weereens – groot assefokkenblief – kom kyk die show saam met ons. Jy kan tickets hierso koop. En as dit nie moontlik is om te gaan kyk nie, doen my ‘n moerse guns en share dit net ten minste op Facebook of met jou tjomme. Samblief man! Ek sien uit na die show en ‘n vinnige brannas so in halftyd. Dis ‘n vinnige Dinsdagaand uit en ek guarantee jou dat dit die res van jou week sommer super positief sal maak.

Kry jou by die bar?

Share dit faktap

Valiant Swart se splinternuwe music video – Lied Van Die Langpad!

$
0
0

Valiant Swart het laas in 2016 ‘n vollengte album (Nagrit) vrygestel. Dis ‘n goeie blerrie 7 jaar gelede! Jissis, dit beteken dat as jou kind laerskool toe begin gegaan het toe Nagrit uitgekom het, is jou kind hierdie jaar hoerskool toe gepos! Fokken heccies, bru!

Daar het dus baie whiskey in die see geloop en hier is die Mystic Boer weer terug met swieties vir jou ore met sy nuutse 11-track album, Rondry, Fliek en die Buitelewe. Ek het verskriklik fokken baie om kwyt te raak oor hierdie album en dit sal in due course geskied, want ek sit tans met ‘n koekvurtjie in die klou en sulke ontelbaar hooi. ‘n Man wil ‘n ding proper doen, so ek gaan hom so bietjie laat gis en dan sommer ‘n thesis oor die gedoente skryf wanner die tyd reg is en vir julle vertel presies hoekom hierdie offering, in my mening, die beste Afrikaanse album tot op hede is. En my mening is nie beskeie nie, sy jou moet fokken regop sit as ek praat!
*sit rollie terug in holster*

Intussen kan jy Valiant se slinternuwe musiekvideo vir Lied Van Die Langpad kyk en luister. En deel hom ook sommer wyd!

Hier is die hele album. Luister dit so 5 of 8 keer deur, add dit op jou playlists, stuur dit vir tjommies aan en geniet net seblief die heilge kak uit dit uit. Laar weet ook gerus in die comments watter tune jou absolute gunsteling is. Dit sal interesting wees om te kyk hoe mense die outjie smaak:

Share dit faktap

‘Rondry, fliek en die buitelewe’ – Wat Kyk Jy interview Valiant Swart oor sy nuwe album

$
0
0

Musieklegende Valiant Swart se splinternuwe album “Rondry, fliek en die buitelewe” het onlangs gedrop en dadelik my oor gevang en my hart bekoor. Hier is mos nou ‘n bloubloed Valiant album wat die are laat bruis en die voete laat jeuk, soos net hy kan.

Ek scheme toe ek moet die man ‘n paar vrae vra oor die album en hoe dinge bymekaar gekom het.

Yes bra! Ek is geïnteresseerd hoekom “Rondry, fliek en die buitelewe” spesifiek gekies is as titel vir die album?
Die album is grotendeels karakter-gedrewe, en al daai karakters het vryheidstrewes; die rondloperhond, die swerwer, die vrou van die titelsnit; selfs die dude wat vir twee aande in ‘n ry op ‘n brandtrap ‘vasgetrap’ word.

Die titelsnit is iets wat uit my kinderjare kom – ons het tydens skoolvakansies baie by my Ouma en Oupa gaan kuier op Beaufort-Wes. My ongetroude tannies – daai tyd nog jong girls, vandag almal ouma’s – het daai boekies met die fotoverhale gekoop, en ek het dit dan maar gelees, uit verveeld-geit. Agter in die boekies was die Hoekie Vir Eensames, waar mense met mekaar deur die pos kon korrespondeer (It was the Tinder of its time). Onder die persoonlike gegewens (gewig, haarkleur, ens ens, was daar ook ‘belangstellings. ‘Rondry, fliek en die buitelewe’ was soos ‘n standaard-mantra. Dit het my somehow bygebly deur die jare. Dit neem my terug na ‘n era van Datsuns en beach buggies en bellbottoms en snorre. En beehive-kapsels en Beechies.

Beechies! HAHA! Once. Dit lei my na die album se cover. Wie het dit gedoen en wat was die inspirasie, of wat is die storie agter dit?
Ek het so bietjie deur die lirieke geblaai om met die cover-konsep op te kom. Die titelsnit was die clincher, met die frase ‘luilekker strande in die son…’ – en vandaar af was dit ‘n maklike sprong na die ‘Kombi’s en kitare’ van die liedjie ‘Rock ‘n Roll Engel’. Ek wou so ‘n ‘old school vintage look’ he – cartoon-ish, maar nie ‘comic’ nie. Die designer was Dominique Dicks, ‘n ou tjommie op die Pretoria rock ‘n roll scene.

Was al hierdie liedjies uitgewerk en geskryf na “Nagrit” of is daar van hulle wat al ‘n rukkie rond dobber en nou eers gemanifesteer het?
Na die finansiële fiasko wat “Nagrit” was – my sogenaamde sponsor-media partner-mense het my op crunch time gedrop – was ek hopeloos te spooked om hoegenaamd eens te dink aan ooit weer ‘n album maak. Maar ek het nie ophou ‘doodle’ nie – ‘n versie hier, ‘n titel daar – en toe, so twee jaar terug, het ek stock geneem van waarmee ek sit, en toe ek weer sien, is ek op dreef, en, nou ja – hier is hy! Sewe jaar na die vorige een (Nagrit).
And a thing of beauty, for sure. Daar is een collab op die album. Hoe het dit gebeur? En hoe neem jy ‘n besluit om te collab?
Ek het so ‘n maand of twee, drie, voor ek studio toe is, by ‘n fees in Franschhoek gespeel. Die dudes van Spoegwolf het dit gereël en my genooi. Ek het waaayyy back op Danie se versoek ‘n gas-optrede op hul debuut-album gedoen. Ons het lekker ge-bond by die fees, en toe dink ek dit sal mos cool wees om hom te nooi vir ‘n guest spot. Dit het gewerk – sy vocal is beautiful.

Feite. Sê my, is daar enige kunstenaars, behalwe Sex Wax natuurlik, met jy wie jy brand om ‘n collab te doen?Ek wag maar dat Sex Wax my nooi… Daar is actually ‘n plannetjie wat ek het om saam met ‘n ander muso-china van my iets te probeer doen…

Lekker man. Ons kyk uit. Jy is nog altyd geseënd met ongelooflike lead guitarists as wingmen. Hoe de fok vind jy hulle?
Ja, dis amazing, is dit nie? Anton L’Amour, Albert Frost, Basson Laubscher, Illimar Neitz… en ‘n paar studio guests nou en dan. Met daai Riders From The Storm teater-shows van Mel Botes was ek bevoorreg om saam met fantastiese spelers te kon saamwerk – Piet Botha, Mauritz Lotz, Nathan Smith, Robin Auld… en natuurlik Mel self – ‘n virtuoos in eie reg.

100%. Jou skryfproses – kom die tune altyd eerste en dan kleur die woorde die storie in, of het jy soms stories wat wag vir die regte stuk musiek om verby te kom?
Meeste van die tyd daag die liriek eerste op. Soms is dit weer ‘n kitaar-riff; ander kere – alles op een slag! Dan moet jy konsentreer om die ding betyds vas te maak, anders hol hy weg.

Ja-nee fok, maak vas, my ou. Maak vas. Luister, skryf jy gewoonlik op akoesties of op elektries, of op beide?Meestal eers akoesties. Dis net meer prakties – met elektriese kitare is daar alewig drade wat in die pad kom, en pedals om oor te struikel.

Maak sin. Anders val jy om. Waar skryf jy die lekkerste? Het jy ‘n plek waar die tunes loop soos stroop as jy daar gaan sit en die muse oornooi?
Jip, ek het so ‘n plek. In al die huise waarin ek en my gesin al gewoon het, het ek ‘n aparte plek gehad waar ek werk. ‘n Lekker loft is my gunsteling – trouens, ek sit en skryf nou hierdie in my loft in Onrus. Hier is honderde boeke, duisende CD’s en sowat 2 000 LP’s om my happy te hou. En kitare, natuurlik; omtrent so ses workhorses, en ‘n swetterjoel novelty-instrumente. Onder andere sulke ‘weeskind’-pawn shop kitare. My gunsteling- enetjie heet ‘Slapriem’.
Slapriem? Nee, hier gaan ons vir seker moet stilstaan vir ‘n oomblik, klink na ‘n goeie storie. Ook, sal Trusty Rusty nie skuldig voel dat Slapriem so voorgetrek word in ‘n interview nie?
Ek het Slapriem eendag  in ‘n pawn shop in Stellenbosch gesien; ‘n ou ‘no-name-brand’ klein-skaal ‘parlour guitar’. Die pragtigste ou dingetjie, vir R300. Ek het my vrou vertel van die kitaartjie, maar sy het, heeltemal tereg, gese ‘die hele huis is vol kitare, wat wil jy met nog een maak? Gaan jy hom ooit speel? Dis nou net weer vir stof opgaar.’  Ek het dit daar gelaat. ‘n Dag of wat later moes sy dorp toe gaan, en ek het gese ek kom sommer saam (met R300 in my sak). Sy het die bakkie bestuur, en toe ons by ‘n robot om die draai van die winkelsentrum staan en wag, het ek uitgespring en gese, ‘ek sien jou op die parking lot’. Ek het by die winkel ingedraf en die kitaar gekoop, en baie in my skik by die bakkie opgedaag. Toe seg sy, ‘Jy het my mos nou met ‘n slap riem gevang.’ And there it was – Slapriem! Hy word gereeld by die braaivuurtjie ontplooi, en hy was al betrokke by ‘n hele paar fotosessies, en die riff van ‘Serpentyn Boogie’ vanaf die nuwe album is op hom gekomponeer.

Trusty Rusty is lankal afgetree in ‘n trofeekas… ‘n relic uit the bad old days. Ek is bang as ek probeer om hom te resurrect raak dit ‘n projek en dan verloor hy al sy storied, battle scarred sjarme.

Nice. Next up, jou proses met die band – skryf jy al die songs klaar en bring dan die band in vir hulle input of hoe werk daai proses? En hoeveel vryheid kry band members om te contribute tot die songs se finale vorm?Jip – ek skryf alles eers klaar. Maar ek los ruim plek vir idees en improvisasies. Dis lekker om so ‘n tipe ‘escape hatch’ te hê – daar kom gereeld die aangenaamste verrassings uit.

Ek sal glo. Let’s talk arrangement for a sec – wie se keuse is goed soos viole, klavier en orrel op spesifieke tracks? Hoor jy die instrumente in jou kop of is dit idees wat in die studio opkom en bygevoeg word?
Ek het gewoonlik ‘n goeie idee van wat ek wil he, en dan kry ek iemand wat die ding kan bring – soms met aanbevelings van die ander muso’s. Ek het gewoonlik ‘n idee vir, seg maar, ‘n orrel-stuk, en dan kom daar gewoonlik voorstelle uit. Meer as gereeld vat dit net ‘n ‘nudge’ in ‘n rigting, en dan kry jy wat jy soek.

Kenmerkend van jou live shows is die amazing stories wat jy vertel tussen songs. Is daar ‘n spesifieke storie agter een van die songs wat jy met ons sal deel, of moet ons shows toe kom om te kom uitvind?
Hahahaha! Ja, kom na die show toe! Om eerlik te wees – dis nou nogal ‘n challenge om die nuwe tunes van  stories te voorsien. Maar daai proses is total organies. Ek gaan sit nooit en dink stories uit nie. Dit gebeur geheel en al in die moment – en dan groei dit van daar af.

OK then, keep your secrets… Jy het nou al omtrent seker oral in die land opgetree. Waar was jy nog nie wat jy nog by wil uitkom? Jy hoef nie Vereeniging te sê nie.
Hahaha! Ek het al baie lekker gejol in Vereeniging! Wel… in hierdie stadium, om eerlik te wees, is dit vir my die heel lekkerste by my huis. Maar soos ek hier sit, knaag daai stemmetjie in my agterkop aan die wete dat ek eersdaags – trouens, oor sowat ‘n week – weer die pad moet vat Noorde toe. Ek het enkele dae gelede tuisgekom vanaf ‘n fees in Mosambiek.

Watter van hierdie album se tunes sal jy aanbeveel vir ‘n Vrydagaand, watter ene is meer ‘n Saterdagmiddag braai soundtrack en watter ene pair well met ‘n stille Sondagaand tuis?
Dis ‘n great vraag… laa’k sien… Hmm. Vrydagaand – Sak Sarel en Lied van die Langpad. Saterdagmiddag braai – Daar onder in die Rowerspelonk en Brandtrap Vastrap. Sondagaand – die res!

 Dis ‘n fokken great antwoord. Ek fokken speel hom sommer weer deur, net vir die wis en die onwis. Once.

 

Share dit faktap

Valiant Swart se “Rondry, fliek en die buitelewe” loop soos stroop!

$
0
0

Lees gerus ook my interview met bra Valiant as jy dit nog nie gedoen het nie!


Reeds met 2015 se “Nagrit” het dit vir my gevoel of Valiant Swart ‘n nuwe rat gevind het en sy nuwe album trap daai VW Kombi pedaal nog verder plat. “Rondry, fliek en die Buitelewe” speel nou al daagliks in my huis sedert dit uit is. No jokes. Trouens, dis hoekom ek besluit het om die album te review, dis net so blerrie bedonnerd! Ek moes net iets sê en hopelik julle lui gatte inspireer om dit aan te sit.

Op hierdie album van tien kraakvars treffers kry jy omtrent ietsie van elke ding wat Valiant, Valiant maak. Daar’s beautiful karaktersketse, boeiende stories, bedonnerde kitaarwerk en ‘n oordosis pret. Ja, daar is ook hartseer en heimweë op liedjies soos “Rondloperhond” en die titelsnit, maar die trane word vinnig afgeskud met onstuimige nommers soos “Brandtrap Vastrap” en “Sak Sarel”. My voete jeuk sommer!
Check, jy het hier te doen met ‘n legende wat gemaklik genoeg in sy kunsvorm is om selfs met ander style te dabble en dit nog steeds na egte Valiant Swart nommers te laat klink. Hier is blues (“Ek en die Blues”), boogies (“Daar onder in die Rowerspelonk”), ballades (sien hierbo), bruisende-bloed rockers (sien hierbo) en selfs ‘n boeremusiek- (“Serpentyn Boogie”) en Afrika jive-styl (“Lied van die Langpad”) tune. Maar als netjies verpak in ‘n Valiant boks met ‘n knip in die oog en ‘n skewe stout-seuntjie smile.

Die liedjies kom tot hulle volle potensiaal te danke aan die gesoute musikante van die Valiant Swart Band (Schalk Joubert op bas, Jorik Pienaar op dromme en Illimar Neitz op lead guitars) en dan ‘n wêreldklas produksie onder leiding van Jürgen von Wechmar van Sunset Studios buite Stellenbosch. Dit klink fokken great!

Mens kan genuine hoor hoe daar moeite gedoen is sodat elke song sy (or haar!) eie karakter reveal. So hoor jy enige iets van viole, klavier, orrel, ‘n lap steel string guitar, mondfluitjie en nog ander lekker dinge ook behalwe vir die standaard kitaar-gedrewe aanslag. Keurige agtergrondsang op ‘n paar nommers en ‘n gaskunstenaar in die vorm van Danie Reënwolf op “Rock en Roll Engel” rond dinge perfek af. Dis ‘n droom om na te luister.
Uiteindelik het ek net twee issues met die album. Die ene is dat ek die album “Swerwersvuur” sou noem. Daai tune met sy haunting slide guitar en cowboy licks herinner sterk aan “Die Mystic Boer” en het daarom ‘n spesiale plekkie in my hart. Maar, herinner ek myself dan, daar is ‘n rede hoekom Valiant die kunstenaar is en ek nie. Hy fokken ken.

Die tweede rede, en dis ‘n bielie, is dat ek nooit hierdie pragalbum se classic Valiant tunes van een van die Oppikoppi stages sal hoor nie. Fok man, imagine “Sak Sarel” live op ‘n koue Bosveldaand terwyl jy louwarm bier oor jouself mors soos jy probeer dans in die stof. Die gedagte maak my sommer hartseer, maar dan gooi ek nog ‘n dubbel, draai die krane allie pad oop en sing hard en vals saam:

Kom ons maak ‘n pyp op die fire escape
Dis die beste medisyne my bru
Kom ons maak ‘n pyp op die fire escape
Daar’s my mellow Maandag in sy moer

 

Share dit faktap

‘Rondry, fliek en die buitelewe’ – Wat Kyk Jy interview Illimar Neitz van die Valiant Swart Band

$
0
0

Nie so vinnige nie, cowboy! Gaan lees eers gou my interview met die man, Valiant Swart homself, asook my review oor sy nuwe album.


Nes sy woorde, word Valiant Swart se albums altyd geken aan hulle ongelooflike kitaarwerk en sy nuwe album “Rondry, fliek en die buitelewe” is geen uitsondering nie. Ek het bietjie met Valiant se lead guitarist, Illimar Neitz gesels oor die album, die opname daarvan en natuurlik, die vloek van die kitaar.

Yes Illimar. Hoe lank jol jy nou al saam met Valiant en op watter albums verskyn jy?
Ek en Valiant speel al so vyf jaar saam. Selfs met Covid tussenin het ons nou al reggekry om so 100 live gigs al saam gespeel. Ons het ‘n lekker flow en kliek baie lekker saam as kitaarspelers. Ons uitkyk op musiek is ook baie soortgelyk wat dinge lekker laat vloei.

📷 Blyde Smit

Hierdie is die eerste Valiant album waarop ek speel, en ek hoop dis die eerste van nog baie. Valiant het meeste van hierdie liedjies al vir ‘n geruime tyd, so ons het al van hulle live gespeel. Trots om hulle uiteindelik in die sakkie te kry.
Well done op ‘n beautiful produksie. Vir my leke oor klink die produksie rerig volrond en of daar baie moeite ingesit is om elke song op sy eie manier te laat manifesteer. Sou jy saamstem?
Baie baie dankie. Ons is ook supertrots op die produksie. Jy is doodreg, daar is baie erg moeite en attention to detail ingesit.

Ons was baie bevoorreg om saam met Jürgen von Wechmar by Sunset Studios net buite Stellenbosch op te neem. Ons het dit old school gedoen en vir 12 dae op die plaas gewoon en al ons tyd belê in die album, met geen afleidings nie. Elke dag van 9-5 record en dan die aand gebraai en geluister na die dag se werk sodat ons die volgende oggend iets spesifieks kan verbeter of dan verder werk aan die volgende liedjie.

Ek het menigte aande aan die slaap geraak met my headphones nog in my ore, met die songs wat oor en oor speel tot ek die oggend wakker word.

Klink luuks. Vertel my bietjie van die kitaar stukkies op “Lied van die Langpad”. Dit voel vir my of daar ‘n besliste Afrika vibe is tot dit. Hoe het dit bymekaar gekom?
“Lied van die Langpad” is een van daai magical dinge wat in ‘n studio gebeur waarmee ‘n mens net moet hardloop. Die Afrika tema was glad nie beplan nie. Dis een van die songs op die album wat ek en Valiant nog nooit voorheen live gespeel het nie en daar was ook geen demo recording nie. Valiant het wel die woorde, die guitar chords en ‘n idee vir die ritme gehad, maar dinge het vinnig verander.

Om vir jou ‘n idee te gee…

In die studio het Jorrie (die drummer) begin met bietjie van ‘n African drum groove. Ek en Schalk (bassist) het ingeval en daar gaan ons toe nou in daai rigting in. Ek het so paar African licks up my sleeve, te danke aan ‘n goeie vriend van my, Julian Bahula – ‘n groot gees in Afrika musiek wat in Malombo gespeel het in die 60s en nou in Engeland woon. Hy het by my studio in Pretoria opgeneem en ek het nogals baie by hom geleer van Afrika style en die ritmes en so aan.

📷 Illimar se selfoon

As ‘n speler is dit fun om te speel maar dit kan nogal challenging raak want jy voel partykeer of jy van die groove gaan afdonner, so mens moet erg kophou!
Amazing. Hoe approach jy elke song se kitaarwerk?
Vir my is dit nogal ‘n ernstige storie wat om te kies wat by elke song gaan pas. Daar is nou nie juis ‘n reg of verkeerd nie, maar jy kry half ‘n voorgevoel as jy op die regte pad is en hopelik dieselfde as jy bietjie afwyk van wat die song eintlik moet doen.

First and foremost gaan dit oor die song, wat die liedjie sê. Dit gaan nie oor die flashiness van ‘n kitaar solo of spoed en sulke dinge nie. Dit gaan alles oor wat die liedjie komplimenteer. Elke liedjie vertel ‘n storie, amper soos ‘n scene in ‘n fliek. Elke guitar lick of hook of solo moet dit ondersteun, dit moet bydra en nie oorheers nie. Dit create ‘n mood en ‘n fantasiewêreld wat die luisteraars laat vergeet van daaglikse wêreld daarbuite vir ‘n paar minute.

Watse kitare het jy gebruik op die album? En het jy ‘n go-to vir Valiant shows of musiek spesifiek?
Ek is super bevoorreg om ‘n Rory Gallagher Fender Stratocaster Custom Shop 1961 model te hê, ‘n absolute beast van ‘n kitaar, wat ek gebruik vir recording en vir live. Definitief my go-to guitar, bloot oor dit ‘n moerse nice gebalanseerde instrument vir verskillende style is, hy’t nogals ‘n byt.

Ons het in die studio ‘n hele paar kitare uitprobeer maar na na die shootouts is die main kitare wat ek gebruik het die Rory Stratocaster en dan Jürgen se befokte Les Paul Gold Top (wat swart oorgespray is) met EMG pickups in.

📷 ByEvanCaptures

Verder met akoestiese kitare het Danie van Spoegwolf vir ons sy Gibson akoestiese kitaar by die studio gelos en dan het ons ook Jürgen se acoustic sessnaar gebruik waarvan hy die hoë snare van ‘n 12-snaar kitaar opgesit het. So die kitaar kry dan hierdie weird tipe texture wat ons deploy het op ‘n song soos “Rock en Roll Engel”.
Nice. Wat is jou favourite Valiant tune om te jol, van die nuwe album af, maar ook jou all time classic Valiant tune?
Al die nuwe tunes is nog redelik vars maar ek sou sê sover (want dit verander ook maar die heel tyd) is “Rock en Roll Engel” ‘n moer lekker tune van die nuwe album om live te speel. Ek dink dis oor die chorus oopmaak en uplifting is en dan is dit ook ‘n iconic Valiant hook aan die begin.

En dan snaaks genoeg, completely opposite, ek is ‘n moerse fan van die title track “Rondry, fliek en die buitelewe”. Dis ‘n challenge om so song te live speel want dis moerse sensitief en tjoepstil. Mens moet regtig nogal konsentreer en ek like sulke challenges. As mens hom opfok, word elke liewe fout kliphard duidelik gehoor maar ek’s op vir die challenge en dis ‘n beautiful song.

Van die ouer catalogue songs om te speel is daar drie wat spesifiek uitstaan. “Gange van Babylon” is moer fun om te jam, dis nogals ‘n power tune, so ek is altyd ‘n fan om hom live te speel en dan is “Ware Liefde” moer fun en “Donker Pad” altyd ‘n jam.

Watse guitar trickery gebruik jy om die cowboy sounds af te pull op “Swerwersvuur”? Gebruik jy dieselfde tipe ding as jy “Mystic Boer” jol?
Die chord progression op die song plaas hom in die spaghetti western kategorie, so ek het maar daardie spesifieke bag of tricks uitgehaal in die studio. Die klank is maar meestal te danke weereens aan die Rory Gallagher Strat wat ek speel deur ‘n moerse lekker Fender Twin Reverb amp met ‘n ingeboude tremolo en ‘n lekker goeie dosis reverb.

Ek gebruik dieselfde tipe ding op “Mystic Boer”, miskien ‘n bietjie minder tremolo en miskien ‘n bietjie minder reverb want “Swerwersvuur” is ‘n stadiger song, maar jy’s reg hulle is half in dieselfde kategorie.

Terloops, daai slide guitar wat mens hoor is die befokte werk van Hugo Veldsman met die 10-string lap steel slide guitar. Dis daai befokte haunting lines.

 En op daai effens onheilspellende noot, is dit die einde van die interview. Sit nou die album op en draai die krane OOP! Cheers.

Share dit faktap

Valiant Swart jol moreaand (Dinsdag, 4 Julie) by Atterbury Theatre vir sy nuwe album release!

$
0
0
Op Dinsdag 4 Julie 2023 (dis fokken moreaand!) word Valiant Swart se nuwe album Rondry, Fliek en die Buitelewe bekendgestel in Pretoria by die Atterbury Teater. As jy al enige goeie muso se show en veral album launches daar bygewoon het, sal jy weet dat daardie venue van die beste sound en acoustics in ons land het, maak nie saak waar jou sitplek is nie.
Die axe master, Illimar Neitz (wat ook vir baie van die kitaarwerk op die nuwe album verantwoordelik is) gaan vir bra Valiant op stage join en hulle het plegtig belowe om sommer al tien die nuwe tunes vanaf die nuwe album vir julle te jol, asook sommer ‘n klomp van die goue oues.
Bespreek jou tickets hierso vir moreaand se vertoning!
Share dit faktap

Jean’s Hill – befokte nuwe local instrumental tunes!

$
0
0

Kom ons kry een ding uit die pad uit. Ek is ‘n ou vir lyrics. Hoe vetter en vuiler, hoe fokken beter. My goose Cindy het op ons troudag by die kerk ingestap op “Highway to Hell” van AC/DC, en dit het my sommer nog meer verlief gemaak. (Sy het op ons egskeidingdag uit die hof uit gestap op “I get money” van 50 Cent, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.)

Anyway, daar kom ook tye wanneer jy net in kief musiek sonder lirieke wil induik. Sommer net als vergeet en inspring en bietjie wegraak, soos wanneer jy as kind die eerste keer sonder ‘n Polyotter oor die Augrabies-waterval gegooi is deur jou Oom Werner.

Jean’s Hill van Kleinmond maak sulke musiek. Shit wat lekker is om te luister terwyl jy werk, of swot, of draf, of ‘n vet zaab aansteek en na jou plafon staar. Dis nou as jy ‘n plafon het (jou larney poes), anders kan jy net vir die sterre ook kyk terwyl hierdie musiek jou in dimensies insleep waarvan jy nog nie gehoor het nie.

Ek het eers gedink Jean’s Hill is nogal ‘n piele naam vir ‘n band, maar toe hoor ek dis vernoem na ‘n berg in Kleinmond. Fok, ek het gehoop die ou branch uit en maak ‘n nuwe factory shop in Midrand oop waar ek cheap jeans kan kry. Toe nou fokken nie.

Die album se naam is “The Kelp Diaries”. Gots, ek het eers gelees “The Kelp Dairies” en heavy nagmerries begin kry oor ek die wêreld moet red deur ‘n stuk bamboes te melk, en ek kry dit net nie reg nie want ek kan nie die bamboes se nipples kry nie, en almal is kwaad vir my.

O ja, dis actually net een ou wat die musiek maak. Fokken nerd wat agter sy laptop sit en al die shit compose in sagteware. Jirre, wat ‘n loser. Kan nie eers guitar speel nie.

Maar as jy verby dit kan kyk (of eerder luister), is die vibe fokken lekker. Hulle sê mos, if it sounds good, it is good. Daar’s alles van post-rock (“Caught in a Storm”, my favourite uit die vyf tunes) tot indie electro tot sulke cinematic soundtrack shit: Toe ek “Scatter” luister kon ek sweer Gandalf die towenaar probeer my raad gee oor Cindy, terwyl perde in die agtergrond galop en ‘n alien my ‘n troostende drukkie gee. (Ek het moontlik hard gezaab voor ek daai een geluister het).

Gaan luister die kak op Spotify of waar ook al jy stream, dis op YouTube ook. Ons embed dit sommer hier vir jou gemak, jou fokken luiaard.

Ek het die tunes nou al op ‘n paar van my playlists gesit. Selfs op my gym playlist, al speel ek dit nooit nie.

Ek wou nog iets hieroor sê, maar ek vergeet nou wat …

O ja.

Fok jou, Cindy!

Share dit faktap